GEHEIM VAN DIE TORINGKAMER, DIE | Children's Fiction
Marianna Brandt
Die tweede boek in Human & Rousseau se avontuur-reeks vir jong lesers. Die verhaal speel af in Namibië teen die eksotiese agtergrond van Swakopmund en omgewing. Bart en Martin is twee maats wat hard gewerk het op die plaas gedurende hul vakansies om hierdie één vakansie te kan bekostig - see toe met die luukse Dessert Express. Maar gou kom hulle agter dat iets op die roete nie pluis is nie, veral nie met die stasie op Bokkoppies nie, "waar die vrou in die toring hang . . ." volgens een van hul medepassasiers. Toe hulle noodgedwonge op Bokkoppies moet stop, raak dinge gou warm,