Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Etosha – ’n Roman | General Fiction

Piet van Rooyen

Karel Fechter is park head of Etosha, but he knows his days are numbered. The new government believes in progress and development,while Fechter tries to protect his beloved animals with his Anti-Poaching Unit (APU).

But Fechter is unaware of just how far the APU goes to protect the park.

Reviews

Die Burger
Pieter J. Haasbroek

26/07/2010

In Piet van Rooyen se nuwe ­roman, Etosha, word hierdie bekende wildtuin in Namibië die brandpunt van botsings wat uit die transformasie van natuur­bewaring voortspruit.

Daar het nog ­elemente van die ou bedeling oorgebly: enkele wit ­beamptes, veldwagters en navorsers, en selfs ’n groep swart soldate uit die ­gevreesde Koevoetmagte en 32-bataljon, wat deur die parkhoof ­gewerf is om wilddiefstal te ­bekamp. Hulle teenwoordigheid in die park word kwalik deur die ­nuwe regering geduld, ’n regering wat hul optrede met agterdog ­bejeën, die bestuur in die naam van reg­stellende aksie ondermyn en – soos in baie Afrika-lande ná ­oehoeroe – graag die wild wil oes.

Van Rooyen is besonder goed toegerus om oor so’n kontensieuse onderwerp te skryf. Hy woon ­sedert die laat sestigerjare in ­Namibië. Hy het arbeidsreg, ­­volke­kunde en ontwikkelings­­admini­strasie studeer, en as ­professor in die politieke wetenskap aan die Universiteit van ­Namibië, weet hy hoe die land ­regeer word, hoe ­moeilik die ­botsing ­tussen die ­belange van die ver­skillende ­bevolkingsgroepe versoen word.

Die uitgangspunt van Van ­Rooyen se roman is – soos in ­soveel boeke oor Afrika deesdae – die ­tema van “Things fall apart, the ­centre cannot hold.” Die parkhoof, oudsoldaat Karel Fechter, begin beheer verloor oor sy APU’s (teenstropingseenhede) te midde van sy administratiewe ver­plig­tinge en groeiende ver­houding met ’n mooi Britse ­navorser. Die APU’s vang ’n wilddief, nogal die hoofman van ’n plaaslike Himba-stam, en straf hom hardhandig. Dit lei tot sy dood.

Sy seun, pas gegradueer, sweer wraak teen Fechter, wat niks van die dood van die ou ­Himba weet nie.

“Die bekamping van wild­diefstal is ’n gevaarlike kwessie,” sê Fechter. “Jy het moeilike ­mense as ’n teenvoeter daarvoor nodig.” Om oor hulle bevel te voer, het hy hul lojaliteit en respek ­nodig. In die transformasie van die park, rafel dit uit.
Fechter se probleme met die ­verteenwoordiger van ’n drukgroep vir regstellende aksie in die park vererger.
Uiteindelik lig die minister, Rooikoos Badenhorst, hom in dat die park ’n nuwe hoof gaan kry, ’n politieke aanstelling. Die APU’s is verstaanbaar nie daarmee gediend om onder ’n ­voormalige vyand te dien nie.

Toe die plaaslike Mafioso ­aanbied om die regering te help ivoor uitvoer, kom natuur­bewaring ook in die gedrang: die hoop ­olifant­tande word in ’n skuur in die park opgegaar. En leeus word gevang om in Suid-Afrika ­gejag te word. Só skep Van Rooyen ’n toneel waarin botsing on­vermydelik word.

Hy vorm uit die staanspoor aan sy lesers se ­verwagting

e van ondergang; die laaste ­ver­teenwoor- digers van die ou bedeling moet uit die weg­geruim word. Hulle het nie ’n kat se kans om teen die mag van die nuwe regering staande te bly nie. Al waaroor die leser nog kan wonder, is oor die hoé daarvan: Sal dit minder of meer gewelddadig wees.

Al is die einde voorspelbaar, is Etosha ’n spannende verhaal wat boei danksy die volgehoue ­intensiteit van die skrywer se ­waar­neming. Van Rooyen wéét waarvan hy praat; sy veldkennis kom uit die dae toe hy by die ­Boesmans in Tsumkwe leer ­­spoor­sny en jag het. ’n Hoogtepunt is sy aangry­pende beskrywing van die Himba-kaptein se ­begrafnis. So kán dit wees, voel dié leser.

Onlangs het die ministerie vir omgewingsake en toerisme in ­Namibië permitte vir die skiet van ses woestynolifantbulle uitgereik. Dit het dadelik ’n hewige protes in die koerante ontlok, ’n inter­­­nasio­nale verleentheid vir die ­regering. Van Rooyen maak slim hiervan ­gebruik as die laaste strooi wat die kameel in sy boek se rug breek. Dit versterk die ­geloof­waardigheid van sy verhaal.

Geloofwaardigheid is, vreemd genoeg, immer ’n vereiste vir goeie skryfwerk. As ’n skrywer ’n reuse- Bengaalse tier maande lank saam met ’n Indiese seun in ’n ­reddingsboot laat oorleef, glo die ondersoekers nie die seun se ­storie nie. Die getuienis ­weer­spreek sy ander weergawe, en die lesers glo die seun. Kan ons Van Rooyen se verhaal glo?
Net die leeujag is ­onwaarskynlik – drie doodskote uit ’n veldbakkie uit op ’n leeu wat net 20 treë hoef te storm? – maar origens hou dié leser by Van ­Rooyen op die spoor van sy ­karakters.

Uiteindelik stel Etosha die ­on­gemaklike vraag wat nóg die ­skrywer nóg sy lesers kan ­vermy: Wat is ons ver­ant­woordelikheid nou in Afrika? Ons het  – wat die skrywer ­elders “die ­oorspronklike natuurparadys” noem – help vernietig. Is dit reg om nou op te hou bekommer oor die einde daarvan?

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 352 BLADSYE.)

Pieter J. Haasbroek is ’n skrywer van Franschhoek.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Etosha – ’n Roman | General Fiction


Author: Piet van Rooyen
Category: General Fiction
ISBN: 9780798151559
Date Released: 05 May 2010
Price (incl. VAT): R 205.00
Format: Soft cover, 352pp

About this author

Piet van Rooyen


Petrus Hendrik (Piet) van Rooyen was born on 17 July 1953 in Vryheid in KwaZulu-Natal. He attended school in Senekal in the Free State, but matriculated in...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: