Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Marico se mambas | Short Stories & Fiction Anthologies

Piet Swanepoel

Piet Swanepoel takes the reader back to the Free State and Transvaal to the time after the Great Trek until the 1940’s. This is the world of wild farmers, transport drivers, hunting expeditions, war experiences, tall tales and ghosts.

In the tradition of Jan Spies and Elias P. Nel, these stories are readable, sober, funny and original.

Reviews

Die Burger
Pieter Strauss

26/07/2010

Die titel en die voorblad­afbeelding van hierdie bundel “jagstories, liegstories en ­spookstories” wek ’n sekere ­verwagting by die leser: ’n Stoel kan maar nadergesleep word vir ’n uiters outentieke lees­ervaring oor die Marico­kontrei – sy ­slange, gediertes en ­gedaantes, asook sy vele ­interessante ­mense.

Hierdie betowerende wêreld­deel het al ’n bykans onvergeetlike karakter, oom Schalk ­Lourens, vir die Suid-Afrikaanse letterkunde opgelewer.

En dan verrys die ­opwindende ­moontlikheid opeens in die voor­nemende leser se ­gemoed: Gaan ’n mens dalk al ­lesende ’n oog­getuie word van die oopskryf in Afrikaans van dít wat ­Herman Charles Bosman ­destyds so voor­treflik in Engels vermag het?

Ná die ­eerste paar stories ­besef die leser reeds dat hier ’n paar annerlike slange in die gras is: ­Benewens die eerste vier ­verhale, ’n enkele jagstorie in die middel, en dan miskien weer die laaste twee stories oor “die ­waterbobbejaan”, speel die meeste verhale nie in die ­Marico nie, maar wel ­honderde kilo­meter verder suid.

Een verhaal (“Manne van staal”) gebeur selfs doer ver in die ou Kalahari, iewers langs die Molopo­rivier.

Die geografiese en sosiaal­kulturele kern van dié boek is dus nié die Marico-omgewing in die eertydse Wes-Transvaal nie, maar veel eerder Swanepoel se grootwordwêreld, die Wes-Vrystaat – meer spesifiek Bothaville en omstreke.

Anders ook as by Bosman kry dié streek se karakters hier ­weinig vertelkans. ’n Eie, outentieke streekstem ontbreek in Swanepoel se stories.

In Marico se mambas het die leser in bykans elke storie te doen met ’n outobiografiese ek-verteller wat oor sy en (meestal) sy familielede se toentertydse ­wedervaringe langs die ­Vaal­rivier vertel.

Só word ­byvoorbeeld telkens ’n volledige verhaal afgestaan as ’n ­hulde­blyk aan sy ouma ­(“Ouma ­Ella”), aan sy oupa (“ ’n Jeep het nie leisels nie”) en sy ­geliefde oom Hans (“Krans­fontein se mense”).

Soms lei dit wel tot boeiende sketse, by­voorbeeld “Die groot water”, maar vir hierdie leser was die meer ­geslaagde verhale dié waarin Swanepoel soms weg van ­homself en sy eie ­familiekring kon skryf, by­voorbeeld ’n ­tragikomiese San-verhaal (“Ou Vingertjie”) met sy interessante daggaryme, die tragiese ­verhaal van Servaas Prinsloo, ’n sukkelaar uit die Wes-Vrystaat, wat – klaarblyklik vir almal se ­beswil – sy vrou en kinders vir ’n transportwa en ’n span osse aan ’n ryk man verruil (“Die ruil­transaksie”); of die enkele kere waar Swanepoel wel ­toelaat dat ’n karakter sy of haar eie storie ­vertel (“Die sand­kliphuis”).

Ook die heerlike ­dialoog in “Dem foel” tussen die boer, ene Koos Kwê­voel, en ’n ­Engelsman, Jock ­MacLauchlin, het hierdie leser laat krul van die lag.

Van lag en lekkerkry gepraat: Swanepoel het inderdaad die vermoë om sy vertellinge soms in spontaan humoristiese ­oom­blikke eiehandig heerlik op te kikker. Hy hoef nie by ander skrywers en storievertellers te gaan leen nie.

In “Manne van staal” laat hy ­egter vir tant Marja opeens (woordeliks!) in oorlede Tolla van der Merwe se stem praat toe sy die tandarts, as hy haar wil inspuit, aan sy binneboud ­beetkry en dreig: “Doktertjie, ons gaan ­mekaar nie seermaak nie, nè?”

Soms staan verhaaltegniese onafgerondheid tussen die ­vertelling en ’n werklik ­­genot­volle lees­ervaring.

Dikwels is die inleidende deel van die ­storie te lank of lomp; soms word ver­skillende ­verhaallyne saamgeklodder onder een titel. En heel dikwels word die ­natuurlike slot van ’n ­verhaal oorspoel deur ’n woordvloed ­triviale eind-mededelings.
Volgens ­Wium van Zyl in ­Syferfonteine – verhale uit streke van die Afrikaanse taal­landskap is daar tans by ­geskiedskrywers ’n groot ­belangstelling in die klein ­geskiedenis wat uit kontrei­verhale na vore kom.

Hier stel Swanepoel nie teleur nie: Historici sal met vrug sy verhaal “Getrou tot die dood” kan lees en bestudeer.
Hierin word breed­voerig, ­onder andere met behulp van familie-oor­lewering, vertel hoe generaal ­Beyers tydens die ­rebellie van 1914 aan sy einde ­gekom het – nie weens ver­drinking (soos wat die ­ampte­like regeringsverslae dit wil hê nie), maar vanweë ’n ­enkele skoot uit die geweer van oom Kerneels Kleinkoppie ­Niemandt, glo ’n eertydse lyfwag van generaal Smuts.

Hierdie boek sou egter, ­volgens hierdie leser se oordeel, véél kon baat by ’n gebiedskaart voor- en/of agterin.
Soms was dit moeilik om ’n mens ruimtelik te oriënteer ­tussen die streke wat in hierdie vertellinge ­oorspan word.
Ook sou verklarings ter ­verheldering van sekere ­ouer woorde en uitdrukkings hier nuttig kon wees, veral vir ’n ­jonger geslag lesers.

Bogenoemde besware ten spyt was Marico se mambas ’n heel ­leesbare en genotvolle boek.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 143 BLADSYE).

Pieter Strauss is ’n kontrei­verhaalskrywer en Afrikaans­onderwyser.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Marico se mambas | Short Stories & Fiction Anthologies


Author: Piet Swanepoel
Category: Short Stories & Fiction Anthologies
ISBN: 9780798150699
Date Released: 27 April 2010
Price (incl. VAT): R 150.00
Format: Soft cover, 160pp

About this author

Piet Swanepoel


Piet Swanepoel is the author of seven books of children’s rhymes and several of his poems were included in D.J. Opperman’s Kleuterverseboek and Klein Verseboek...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: