Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Kruispunt | Short Stories & Fiction Anthologies

P.J. Haasbroek

The fifth collection of an author who achieved recognition with his first few books for his striking portrayal of the macho world of war and violence, reminiscent of Hemingway. In this new collection the perspective on that world is more humane, sympathetic and subtle. The theme of violence as an inherent part of our lives runs through the collection – whether brutal or painful, it is always revealing.

Reviews

Kruispunt
Chris Barnard (Litnet.co.za)

09/06/2010

Veertien nuwe kortverhale uit die pen van P.J. Haasbroek het pas by Human & Rousseau onder die titel Kruispunt verskyn .

Die titel sê reeds iets oor die aard van die meeste van die ­verhale – daardie dun kruis in die visier van ’n geweer wat op die prooi gerig word. En dit kry ons weer hier, ­letterlik en figuurlik. Die jag, in sy vele gedaantes, op mens en dier.
Dit is nie voorkamerstories nie. Dit word nooit deur humor versag nie. Dit probeer nooit slim wees nie. Dit ruik na sweet en is ­dikwels brutaal.

In ’n sin sluit sy werk aan by dié van onder andere Hemingway, wat altyd in sy element was ­wanneer hy kon skryf oor oorlog en die ­gevolge daarvan, geweld, die ­ewige stryd tussen die ­individu en sy teenstander, die aard van manlikheid (en die ­verlies daarvan), die donker kant van die psige.

Daarom gaan soek hy sy ­ver­hale in Katima Mulilo, Bosnië, ­Thokoza, die Kalahari, Omaruru, die boendoes van Zambië, Inhaca, die volksmoorde in Rwanda, ­Sara­jewo. Stories oor jagters, ­soldate, drinkebroers, sigeuners en hardebaarde. In só ’n wêreld is daar nie plek vir swakkelinge nie. In sulke onherbergsame streke is die mans genadeloos en die vroue dikwels sagte teikens – of word hulle self jagters.

Soos ’n mens reeds van ­Haasbroek leer verwag het, is die ­stories knap en sonder onnodige omhaal vertel. Maar anders as in sy vorige versamelings kort­verhale kry ons hier selde die ­geladenheid en diepgang van sy beste werk. Dit is duidelik vir ’n ander soort leser as ­voorheen ­bedoel.

Daarteen durf niemand ­be­swaar maak nie.

’n Kortverhaal se slot is soms ’n sleutel, of dit is ’n kinkel of ’n knal. En af en toe ’n doelbewuste ­­keer­weer. Wat ons hier kry, is ­byna ­elke keer ’n slot wat so oop is dat jy enigiets daarvan kan maak. So heeltemal oop dat dit op die oog af in die niet vervloei. En dit gaan menige leser verwar en frustreer. Of weer laat lees.

Die flapteks beweer hierdie ­versameling is “ ’n belangrike en welkome toevoeging tot die ­oeuvre van ’n bekroonde en deur­winterde kortverhaalskrywer”. Hoe belangrik dit is, sal die tyd moet leer. Maar só ’n stelling plaas ’n las op die bundel waarvoor die skrywer waarskynlik nooit gevra het nie.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 192 BLADSYE.)

Chris Barnard is ’n skrywer.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Kruispunt | Short Stories & Fiction Anthologies


Author: P.J. Haasbroek
Category: Short Stories & Fiction Anthologies
ISBN: 9780798151719
Date Released: 03 May 2010
Price (incl. VAT): R 180.00
Format: Soft cover, 192pp

About this author

P.J. Haasbroek


Pieter Jacobus (PJ) Haasbroek was born on 30 June 1943 in Pretoria. In 1954, the family moved to the Petrusburg district where his father had bought a farm. In...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: