Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Pluimprinse | General Fiction

Malene Breytenbach

After an attack in her house at Muizenberg Olivia Bailey decides to quit her job as journalist and travels to Oudtshoorn to meet her estranged grandmother.

While getting to know her grandmother, who lives in a feather palace and still drives an old Rolls Royce Silver Ghost, Olivia begins to unravel her own history.

This is a history entangled in the feather boom, a time of power and wealth.
Pluimprinse tells a story of the difficult relationship between Jew and Boer, unobtainable love and how our choices in life influence the lives of future generations.

Reviews

Die Burger, 15 Augustus 2010
Riette Rust

17/08/2010

Malene Breytenbach is lank reeds as skrywer van romanses bekend. Ver­lede jaar het haar roman Gister is ’n ver land by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Daarin fokus sy op ­ernstiger temas soos ­besitreg, vergank­likheid en verlies. En in haar jongste ­roman, Pluimprinse, is vlug en verval die hooftemas.

Olivia Baily, ’n senior joernalis van die Cape Times, word in haar huis in Muizenberg aangeval. Post-traumatiese stres noop haar om “afstand te kry” van haar ­amperse verkragting en ­­­veel­eisende werk. Al ken sy nie haar ouma, Rebekah Shimansky, ­persoonlik nie, vlug sy na haar ­volstruispaleis in Oudtshoorn. In die proses loop sy terug op die spoor van haar oorlede ma, Lea.

Lea se streng Joodse pa, Isaac ­Shimansky (hy het ’n juweliers­winkel gehad), het haar uit die huis gejaag en onterf nadat sy ­weggeloop het met ­Oliver Bailey wat nie Joods was nie. ­Ouma Rebekah was ver­pletter, maar nou leer sy uiteindelik haar dogter deur haar kleinkind se oë ken – ’n proses wat ook vir die ouma ­heling bring.

Olivia se verhaal speel hom in die ­hedendaagse Oudtshoorn af, ­kunste­fees en al, en loop parallel met dié van haar oumagrootjie Sarah Wolowsky.

Sarah se verhaal ontvou in ’n era toe die volstruisbedryf gefloreer en ’n ­heenkome gebied het vir buitelanders soos Jode uit Oos-Europa en Russiese prinse wat tydens die Russiese ­rewo­lusie “voor die aanslag van die Bolsjewiste moes uitvlug”.

Olivia ontdek gou die ­geskiedenis herhaal homself. Want nie net het haar ma met die “verkeerde man” geheul nie, haar oumagrootjie, Sarah, het ­verlief geraak op Bartel le Riche wat ­bestem was om met iemand ­anders te trou. Olivia raak self teen alle waar­skuwings in verlief op ’n Le ­Riche, die beeldhouer Michel.

Die historiese blik op Oudtshoorn is die sterkste element in hierdie roman. Breytenbach het die ­gegewens goed ­na­gevors, ook dié van die ­argitekte ­Charles Bullock en ­Johannes ­Vixseboxse. Een van die ­mooiste beskry­wings is dié van die pluimpaleise wat hulle gebou het. ­Breytenbach skryf: “Soos elegante ­bejaardes staan hulle daar . . . In valletjies en kant, bepluim en gekorset.”

Wanneer die gloriedae van die ­volstruisbedryf taan en geboue verval, verval verhoudings ook en sterf ­familielede. Die mens is so anders as die volstruis “wat die vermoë (het) om (weens die oerkrag in hom) deur voor- en teëspoed te oorleef”, is die boodskap.

Soos die geskiedenis vir Olivia begin lewe, begin haar helings­proses. Op 35 vind sy liefde en erf sy ook Courland House, haar ­ouma se imposante tuiste met sy koper- en baldakyn-beddens.

Hierdie roman sorg vir ’n paar ­interessante kinkels rondom ­identiteit: Is Abie, die man wat deur Olivia se ­ouma aangestel is om haar kleindogter op te pas, werklik ’n ­uitvaagsel? En wat is die waarheid ­agter Michel le Riche se vriendskap met ’n pragtige meisie?

Olivia vind algaande meer oor haar eie identiteit uit. Van die ­begin af weet die leser Olivia het heterochronia – een blou en een groen oog, en is effe ­heldersiende. Maar haar oumagrootjie Sarah se verlede, wat ’n huwelik met ­Piotr Ussakov, ’n Russiese prins en ­wêreldklas ­pianis, insluit, hou ver­rassende nuus vir Olivia in.

Die roman kom ongelukkig ’n sterk spanningslyn kort, dit boei nie ­deuren­tyd nie. Daarby word die leser her­haaldelik en pertinent herinner dat die roman oor verval handel.

Nie al die karakters is ewe ­volrond nie. Paul Wannenburg, ouma Rebekah se dokter, is darem net te standvastig en goed. Abie wat “sy ­rebelsheid soos ’n kledingstuk dra” is veel interessanter. So ook die elegante Rebekah wat nog haar eie motor ­bestuur en sedert haar man se dood nie meer kosjer leef nie.

Soms is die taalgebruik outyds en werk die dialoog nie heeltemal nie. ’n Mens wonder of ’n 35-jarige woorde soos “spiekeries” en “bedside ­manner” sal gebruik en sal verwys na internet ­“op­vang”. En sal die verfynde ouma ­Rebekah wat vir ete formeel aantrek na (sekere) mans as “jags” verwys?

’n Proefleser met ’n fyn oog sou ook raakgesien het dat “Victoriaans” op bladsy 25 met ’n “k” gespel word (en oral anders met ’n “c”). Daar is ook ’n setfout (“die die CP Nel Museum”) op bladsy 17.

’n Cliché bly ’n cliché en beskrywings soos “sy blou oë, sy hoekige gesig, sy blonde krulle” irriteer.

Kritiek daargelaat, as jy van ge­drama­tiseerde geskiedenis hou, ’n ­sagte plekkie vir Oudtshoorn het en nie lus het vir hogere letter­kunde nie, lees ­gerus hierdie storie.

RIETTE RUST IS ’N VRYSKUTJOERNALIS VAN KAAPSTAD.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Pluimprinse | General Fiction


Author: Malene Breytenbach
Category: General Fiction
ISBN: 9780624048251
Date Released: 18 May 2010
Price (incl. VAT): R 210.00
Format: Soft cover, 320pp

About this author

Malene Breytenbach


The versatile Dr Malene Breytenbach has a number of romances to her credit. Author bookshelf Romances: Palmyra Herleef (LAPA) Huis van my hart (LAPA) Die...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: