Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen | Children's Fiction

Martie Preller

Vir baie jare daarna het die mense nog gegis en gegons oor wat presies gebeur het. Gerda was op die voorblad van al wat ’n koerant en tydskrif was. Verslaggewers het tougestaan om ’n persoonlike onderhoud met haar te kry. Sy was beroemd! Selfs die oorsese koerante het die vreemde verhaal vertel. Die naam Gerda Marais was op almal se lippe.

En dit het alles begin daardie oggend ... daardie Donderdagoggend...

Gerda Marais was ’n doodgewone kind wat haar vaalbruin hare in twee boksterte gedra het. Sy was nie besonder mooi of slim nie. Sy was nie besonder mooi of slim nie. Sy was nie besonder goed in sport nie en kon nie bolmakiese slaan soos die meeste ander maats in haar klas nie. Sy het ’n paar goeie maats gehad met wie sy pouses en smiddae gesels en gekuier het. En sy kon wortels nie verdra nie. Dit het nie saak gemaak wat haar ma gedoen het nie, sy het geweier om wortels te eet. Sy het net gesê: “Wortels maak my naar,” en dit was dit.

Dit moet in die nag gebeur het, maar toe Gerda wakker geword het, het sy nog geen onraad vermoed nie...

’n Haas moet doen wat ’n haas moet doen
is ’n sprankelende fantasieverhaal vol spanning en humor.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen | Children's Fiction


Author: Martie Preller
Category: Children's Fiction
ISBN: 9780798134644
Date Released: 01 September 1995
Price (incl. VAT): R 72.95
Format: Soft Cover

About this author

Human & Rousseau also recommends these titles: