Duskant die einders | Poetry & Poetry Anthologies
Lina Spies
Liefhebbers van Lina Spies se poësie sal in haar nuwe bundel van die bekendste temas in haar werk terugvind: reis, herinnerings, skilderkuns, liefde, die “spanning” tussen Nederland en Suid-Afrika. Die visuele element in haar werk is nog sterker en daar is ook ’n nuwe, ironiese kyk op institusionele godsdiens. Die “blik op dinge” is nou “verder” en meer beleë, soos die titel suggereer – van die kleinste tot in die oneindige, die ewige in. Aangrypende, leesbare gedigte.
Duskant die einders is Lina Spies se eerste bundel sedert Die skaduwees van die son, wat in 1998 verskyn het.