Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Fritz Deelman en die groen dood | Young Adult Fiction

Leon Rousseau

Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos dié van ’n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van ’n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op ’n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur ’n barbaarse stam oorweldig, word hy aan ’n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie.

Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte "groen hel" van die Amasone dieper binne. Dit is ’n gebied waar giftige moerasse in die hitte lê en broei, en waar ’n duisend gevare lê en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Fritz Deelman en die groen dood | Young Adult Fiction


Author: Leon Rousseau
Category: Young Adult Fiction
ISBN: 9780798144117
Date Released: 02 August 2005
Price (incl. VAT): R 92.95
Format: Soft Cover

About this author

Leon Rousseau


Leon Gerdener Rousseau was born in Cape Town on 5 March 1931. He completed a degree at the University of Cape Town, after which he started working at the...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: