Die Stoutsterte: Poot aan wal | Children's Fiction
Marianna Brandt
Die tweede boek oor die avonture van die twee muisgesinne, die Van Stertens en die Kaase, wat in die eerste boek saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris op 6 April 1652 uit Texel in die Kaap aangekom het. Skielik moet die klomp Europese grysmuise aanpas in ’n nuwe land vol onsekerhede, gevare en ’n tekort aan ordentlike muiskos.