Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Seisoen van sonde | Crime & Thriller

Chris Karsten

The police are looking for a serial killer. Jack, a psychopath, is systematically eliminating people for his mysterious master, Minos. Last on his list of victims is Wim, a butterfly farmer in Wildernis, a small town on the Cape Coast, and his assistant, Portis, a former Struggle leader. Both of them know of a research project called Antenor run by the government in the Apartheid years.

Read an extract

Reviews

Rapport Boeke
Kerneels Breytenbach

04/10/2009

Gewonder wie die volgende groot speurroman gaan skryf ná Deon Meyer? Hier’s hy – Chris Karsten.

Karsten het die afgelope paar jaar gesorg dat diegene wat die moeite gedoen het om die Ware misdaad-reeks te lees, ten minste weet daar is naas Meyer iemand anders wat binne-in ‘n storie kan inklim en dit kan beskryf sodat mens voel jy lééf dit saam.

Nou takel hy met Seisoen van sonde ‘n reeksmoordenaar wie se dade gewortel is in die ou apartheidsregime se donkerste geheimenisse, veral die geheime rondom ‘n kabaal hoogs opgeleide wetenskaplikes.

Een van die sinistêre binnekring is besig om ‘n groep mense wat daardie ou geheime kan openbaar maak, die een na die ander te jag. Die mense het bande, op welke manier ook al, met ‘n groep bruin studente wat in die jare tagtig verdwyn het.
Iemand het hulle gegryp, en mens weet uit die staanspoor dat daardie gryper(s) lede was van ‘n duistere vertakking van daardie departemente wat hulself gekwalifiseer het met die benoeming “Intelligensie”, en dat hulle oornag het by die kabaal wetenskaplikes.

Een van die studente het losgekom ná hy gemartel is. Hy is sedertdien versorg deur ‘n wetenskaplike wat aanvanklik deel was van die dinge. Nou word albei ‘n teiken vir die reeksmoordenaar.

Die ding waarna elke speurskrywer mik, is ‘n unieke verhaal. Moordenaars mik weer na die volmaakte moord. In Seisoen van sonde word die volmaakte moorde gepleeg – op ‘n manier wat die boek uniek maak.

‘n Oud-minister uit die apartheidsdae sit die hele ding aan die gang deur die voete te gaan was van die moeders wie se kinders so geheimsinnig verdwyn het. Voordat mens onthou wie de vlok dit was wat nou mos onlangs self so-iets gedoen het, begin daar lyke tussen Sedgefield en Knysna opduik.

‘n Speurder, Lenny Arries, moet die moorde ondersoek en oplos. Tot op hierdie punt het ek die inhoud so vaag as moontlik probeer beskryf – doelbewus, want die plesier van hierdie boek lê in die feite, die prosedurele stappe wat gedoen word, die uitrafel van die kleinste feite. Die mense en hul geskiedenisse wat hy oopskryf, is meer driedeminsioneel as wat mens gewoonlik in speurverhale aantref.

Karsten orkestreer sy feite soos ‘n groot dirigent. Jy besef gou dat hy ontsaglik baie navorsing gedoen het om hierdie verhaal te kon skryf – oor die geskiedenis, die geologie en geografie, oor die plant- en dierkunde van Suider-Afrika. Sy mensekennis is groot, soos mens gou agterkom.

As rigsnoer gebruik het Dante se Divina Comedia. Die vernuf waarmee hy dit bemeester, is grotendeels die fondament van hierdie kragtoer van ‘n speurverhaal. Daar is ‘n ligte kopknip in die rigting van Thomas Harris se Silence of the Lambs. Gaan vind self uit wat dit is – dis die moeite werd!

Naskrif: Karsten het ‘n agterdeur oopgelaat – ek hoop daar is spoedig ‘n vervolg.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Seisoen van sonde | Crime & Thriller


Author: Chris Karsten
Category: Crime & Thriller
ISBN: 9780798150385
Date Released: 02 June 2009
Price (incl. VAT): R 190.00
Format: Soft cover, 200pp

About this author

Chris Karsten


Chris Karsten was born on 9 November 1947 in Morgenzon in Mpumalanga. He matriculated at Hoogenhout High School in Bethal and completed a BA degree in Afrikaans...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: