Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Dieter en Madame Zenobia | Children's Fiction

Nelia Engelbrecht

Dieter and Krynauw, two Grade Sevens, get caught in the evil web of Madame Zenobia. They are investigating on their own – to catch the thief who had stolen some valuables from the school, including their prize-winning rugby cup. Zaanlie and her friends are also investigating, but are more of a nuisance than of assistance.

Sharp, quirky dialogue, lots of humour and the necessary suspense.

Reviews

Die Burger 2/03/2010
Adinda Vermaak

02/03/2010

Volgens Nancie Atwell, ’n ­bekende Amerikaanse onder­wys­kenner, lewe amper-tieners in twee wêrelde: Hul vingers klou nog aan die kindertyd, ­terwyl hul voete onverskrokke vorentoe na vroeë vol­was­sen­heid stap.

Wie is dus die teikenlesers van ’n boek soos Dieter en ­Madame Zenobia? Die kind wat van ’n ­storieboek met ­helder­kleurige prentjies sê, “Wow, dis cool,” of die kind (en dit kan ­dieselfde kind wees) wat uit die hoogte kyk na ’n boek wat só ­begin: “Dis tjoepstil in die saal. Nie een kind waag dit om te snuif of te hoes of hard asem te haal nie. Almal staar met groot oë na die hoof, meneer Du ­Plessis.”

Dieter en Krynauw is ­vas­beslote dat hulle die dief gaan vastrek wat die saal se ­muur­horlosie, ses silwer teelepels in die personeelkamer en die hoof se goue papiermes gesteel het. Dit lyk aanvanklik asof dit net so maklik gedaan as gesê is, maar dan begin sake skeefloop, want Zaanli Viljoen, kaptein van die o. 14-netbalspan, besluit om ook speurder te speel.
Zaanli is nie die enigste ­karakter met ’n naam met ’n Z wat hulle moet uitoorlê nie; daar is ook Madame Zenobia. En as die lesers, net soos Dieter, dink haar hipnotisering van mense is sommer net “ ’n groot bol tjol”, maak hulle ’n groot fout.
Intrige op intrige volg, want daar is nog iemand met ’n Z in sy naam in die prentjie: ’n ­beroemde Hongaarse skilder, Zoltan Bartok.

’n Storie wat lekker lees, met hoofstukke wat op krisis­oomblikke eindig. Aan die einde word alle vrae oor die dief ­beantwoord, maar hierdie leser het nogtans ’n paar vrae.

­Waarom op die agterplat die slot van die ­storie vir voor­nemende ­lesers weggee? ­Waarom ken die hoof­karakter feitlik net een ­tussenwerpsel, naamlik “flip”? Pas woorde soos die volgende by ’n gr. 7-kind: “iets bitters stoot in my keel op terwyl my ­ingewande on­bedaarlik begin ruk”? Sal die ­lesers ook raaksien dat skilpad op ’n paar plekke as “skildpad” geskryf is? Hou die teikenlesers regtig van die rekenaar­gegenereerde figuurtjies in die animé-styl, met hul groot oë, dik bosse hare en lang, maer lywe?

’n Laaste vraag: Is die vrae in die vorige paragraaf regtig ­nodig? Solank die kinders die speurtog van Dieter en sy maats en sy skilpad (wat oulik geteken is) lees en geniet.

(Bron: Nancie Atwell, In the middle: New Understandings About Writing, Reading And ­Learning.)
HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 142 BLADSYE, ISBN 978 0798151016.)
ADINDA VERMAAK IS ’N KURRI­KULUM-ADVISEUR VAN DIE WES-KAAPSE ­ONDER­WYSDEPARTEMENT.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Dieter en Madame Zenobia | Children's Fiction


Author: Nelia Engelbrecht
Category: Children's Fiction
ISBN: 978798151016
Date Released: 10 August 2009
Price (incl. VAT): R 99.95
Format: Soft cover

About this author

Nelia Engelbrecht


Nelia Engelbrecht was born and bred in Kerksdorp. Through the years she had worked for different publications as a journalist. She has published 65 short...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: